Search This Blog

Tuesday 27 June 2017

Die man op die platform


Ek was baie bevoorreg om twee diep gelowige oupas te hê wat albei wonderlike voorbeeld-lewens gelei het. Tog het my oupa aan vaderskant 'n baie diep indruk op my gemaak net voor sy sterwe, sodat ek soms na hom gekyk het en gewonder hoeveel van sy menswees is nog oor, want dit het kompleet gevoel of jy in die teenwoordigheid van God sit. Ek het probeer om hierdie indrukke in 'n gedig vas te vang, maar kon dit net nie effektief regkry nie. Uiteindelik het ek twee gedigte hieroor geskryf. Ek plaas beide.

Die man op die platform 1

Op 1 Desember sou hy 94 gewees het,
maar hy het weggeloop op 9 Oktober ‘93.
Dit was nie ‘n verassing nie;
sy plek was lankal reeds bespreek
en by sy naam was hy weggeroep.
In daardie laaste jaar of meer
kon ek met moeite onderskei
tussen die Roeper en die geroepene –
hulle het so eenders begin lyk.
Hy het nog ‘n wyle hier gebly vir haar,
maar toe sy gaan, het hy vaarwel geroep
op die dag net voor sy sou verjaar.
In ons laaste praat het hy reeds
sy Skepper se gesig aanskou
en Johannes 14 vir my geleer.
Vanaf sy platform tussen hier en daar
het hy God gebring deur sy eksemplaar.

Die man op die platform 2
My Oupa was my Jesus-eksemplaar.
Hy’t geleef op ‘n platform tussen hier en daar.
Hy het nog ‘n wyle hier op aarde gebly vir haar,
maar toe sy gaan, het hy gevolg kort voor sy sou verjaar.
In die laaste jare kon mens met moeite onderskei
waar die grense tussen Roeper en geroepene lei.
In geselskap groot of klein kon hy in God verdwyn
om in stil afhanklikheid God se beeld te skyn.
Johannes veertien het hy dag na dag herhaal,
terwyl kloekend hul luister na die oumens kwaal,
maar toe sy gaan het hy nie gewonder wat sy weet
hy het sy Vader reeds gesien en sou dit nie vergeet
So het hy my verseker in ons laaste keer se praat
by herinnering aan sy lewenslange huweliksmaat.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...