Search This Blog

Tuesday 20 June 2017

Nuwe werk & Ou kuslyne


Ek plaas vandag sommer twee baie kort gediggies wat ek geskryf het toe ek uiters onvergenoeg was in die werk wat ek gedoen het.

Nuwe werk

Soms is mens net klaar met ‘n ding
Jy weet hy hoort nie meer by jou
Om daar te bly is om lewe te verwring
Dis tyd om daarvan weg te hou

‘n Werk is 'n ding wat ‘n mens mee klaarkry
Jy doen hom tot jy hom opgedoen het
En as jy klaar is moet jy van hom wegry
Voor jy jou teen geluk begin verset

Ou kuslyne

Om te weet dis klaar, is om te soek na nuut
Dis verby wanneer dit verby is, en wanneer dit verby is
Moet jy nie vashou aan gister se onthou en sukses nie
Jy moet die moed skep om nuwe kinkels te ontrafel
En nuwe probleme te trotseer en nuwe geluk te vind
Wees weer jy van nuuts af aan en sing ‘n nuwe lied.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...