Search This Blog

Monday 12 June 2017

Sal jy onthou?


Vandag se blog is 'n lied wat ek jare terug geskryf het. Ek het dit ook getoonset op daardie stadium, maar het nog nooit dit opgeneem nie.

Sal jy onthou?

Koor:
Wanneer die nag sy miskombers
soos melksproei oor ons vou
sal jy onthou – ek’s lief vir jou?
Wanneer die nag sy miskombers
soos melksproei oor ons vou
sal jy onthou …
sal jy onthou?

Wanneer die aarde saans gaan slaap
En ons dwaal deur donker ure
Deur ons drome opgeraap
Weggevoer oor hoƫ mure
Kan ons onthou ...

Koor:
Wanneer die nag sy miskombers
soos melksproei oor ons vou
sal jy onthou – ek’s lief vir jou?
Wanneer die nag sy miskombers
soos melksproei oor ons vou
sal jy onthou …
sal jy onthou?

Maar in die dag se kille grou
En die fel glans van ons gramskap
Word die mure weer gebou
En ons val terug in vyandskap
Wil nie onthou ...

Koor:
Maar as die nag sy miskombers
soos melksproei oor ons vou
sal jy onthou – ek’s lief vir jou?
Wanneer die nag sy miskombers
soos melksproei oor ons vou
sal jy onthou …
sal jy onthou?

In soet herinnerings gehul
By die terugkyk oor ‘n leeftyd
Word die gapings opgevul
En neem ons van ons griewe afskeid
En ons onthou ...

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...