Search This Blog

Wednesday 5 July 2017

Ek, wit Suid-Afrikaan van die eerste tien


Ek, wit Suid-Afrikaan van die eerste tien

Ek, wit Suid-Afrikaan, staan vandag hier om ekskuus te sê;
ekskuus vir die verlede wat ons van mekaar vervreem het,
ekskuus vir die meerderwaardigheid waarop ek ingekoop het,
ekskuus vir die haatspraak en vernedering wat my taal geword het,
ekskuus dat ek dit gering geag het om jou van nader te leer ken.

Ek, wit Suid-Afrikaan, wat twintig was in die eerste tien,
vra nie verskoning vir die eleksies waar ek nie my stem gewerp het nie,
vra nie verskoning vir die leuens van netnou se politici nie,
vra nie verskoning vir die tirannie en hatige optrede van ander nie,
vra nie verskoning vir dié wat my en jou weerhou het van ken nie.

Ek, wit Suid-Afrikaan, erken vandag ek’s skuldig aan rassisme en onkunde,
maar ek staan in my eie vel, met my eie skuld en nie dié van ‘n ander.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...