Search This Blog

Tuesday 11 July 2017

Impak


Impak

Waarom is dit dat diefstal en inbraak verligte uitdrukkings ontlok?
Waarom word gelukkig gekoppel aan darem nie dood of verkrag nie?
Weet jy nie dat jy nie net my goed gevat het nie, maar ook my lewe,
toe jy ongenooid in my huis ingestap het, dit gevat het waaraan ek waarde heg,
my in die skuld gedompel het deur my kaarte en identiteit te steel,
my rondgestamp het, gedreig het met geweld, en my sekuriteit geroof het?
Finansieël, het jy my tyd gesteel, maar emosioneel het jy my vryheid gesteel,
sodat ek vandag agter grendels leef in my huis en in my kop,
terwyl jy vry rondloop en my, my familie en my vriende gedienstig in pas sweepslag.
En wanneer ons teen die pas rebelleer, herinner ons verkose regering,
met die mees liberale en demokratiese grondwet in die wêreld,
ons daaraan dat jou regte en vryhede respek geniet,
en dat my belastingsent daarvoor sal betaal indien jy my rykdom verkwis het.

Maar diefstal is ‘n ‘victimless crime’ in ‘n land wat tooiwoorde skep,
waarmee versekeringsmaatskappye verryk en multipliseer, en daar vergeet word
dat monetêre waarde nie die maat is waarmee ons menswees bepaal word nie.
Ek wil vandag namens jou slagoffers opstaan en jou inlig dat jou dade ‘n impak het op
my, my familie, my vriende, die ekonomie en die samelewing.
Ons is nie tevrede met jou nie, en is van plan om ons land terug te eis,
eienaarskap daaroor uit te spreek, en stelselmatig van jou en jou gepeupel ontslae te raak.
Dan gaan ons tooiwoorde skep waarmee ons Suid-Afrika ‘victimless’ verklaar
en ons gaan agter ons sesvoet mure uitkruip en ons vervreemde bure leer ken,
en verlig wees in ons denke en ons regte, terwyl gelukkig weer regmatig gebruik word.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...