Search This Blog

Monday 17 July 2017

Ontoereikende menswees


Ontoereikende menswees
Vanaand jaag my kop op verwarde paaie
en loop met my onrustige, seerkry draaie
wanneer ek dink oor jou en my en die ander ding;
die ding wat hom weerbarstig in my slaap indring.
Hoeveel seerkry en terugslae kan ‘n mens verdra,
voordat hy breek, of knak, of sommer net verslae
bly sit met al die pyn van al die dae se hoor en kla?

Met my arms om jou, wil ek jou nader trek
en jou kop help om hierdie sake te verwerk.
Jou hart wil ek in my woorde-troos toevou,
en ek wil jou wegkeer van hierdie koue grou,
wat dreig om als en almal met hom saam te sleur,
rondgekolk en omgewoel en uitmekaar geskeur,
magteloos teen die ondenkbare wat hier gebeur.

Hoe help ek jou, wat altyd ander help in hulle pyn,
om hierdie aanslag uit die eie te maak verdwyn?
Moet ek luister, moet ek praat, of is dit slegs gebed
wat in hierdie donker uur, jou uit die nood kan red?
“Vader, laat hierdie beker dan verbygaan, as U wil,”
roep ek my frustrasie na bo, sonder enige benul
dat Hy wat elke pyn verstaan, ook hierdie een kan stil.

In Sy palms met bloed bevlek, staan jou eie naam
langs die van jou geliefdes gegraveer, onbeskaam
erken deur Hom wat ons wat soek nooit weg sal stuur
maar krag voorsien dat ons ook hierdie kan verduur.
“Waar sal ons hulp vandaan kom?” wil ons weet
terwyl ons Hom in die oë kyk en tydelik vergeet
wat Hy reeds betaal het – ook vir hierdie uur se leed.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...