Search This Blog

Friday 29 September 2017

Die Zor se noodlanding


Die Zor se noodlanding

Hy gaan sy stadige, onverstoorde gang
wetend dit maak almal om hom bang
en uit die vlugtende mense se gedrang,
tree hul versigtig nader, wat hom wil vang

Die net is gemaak van nano-tegnologie
wat aanpas en verander na gelang van wie
in die pad daarvan sou land en nie
bewus is van die karaktertrekke nie.

Hy beur steeds voort al trek dit styf
met elke beweging van sy logge lyf.
Hy wens hy kon die sirenes se gekyf
van sy sensitiewe gehoor verdryf.

Op Zorzibar is alle klank verbied,
omdat ‘n Zor stilte intens geniet,
maar hier op aarde soek hy verniet
na die rustige vrede wat stilte bied.

As hy kon kies, sou hy nooit hier land,
maar 'n onklaar tuig het hom gestrand
met 'n vaartuig wat dreig om te brand,
Hul vrees vir hom is slegs misverstand.

Hy beur steeds voort maar sy krag gee in.
Hy kan slegs hoop sy boodskap maak sin
vir die amptenaar wat op Zorzibar begin
in 'n nuwe pos, wat min ervaring gun.

Sy laaste gedagte voor hulle hom plattrek
is aan sy gesin wat hom toewuif met sy vertrek
om te soek na 'n kuur vir sy seun se gebrek.
Die gedagte aan hom, laat nog een laaste strek.

Die vreemde ding se dood laat die mense juig.
In hulle angs en paniek is hulle vas oortuig
dat hierdie wese uit die brandende vaartuig
het gekom om hulle lewens te bedreig.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...