Search This Blog

Tuesday 19 September 2017

Om die droom prys te gee


Om die droom prys te gee

Maak my emosies ongedaan,
sodat ek hom kan laat gaan,
sodat my hart eindelik bedaar
en my kop redelikheid bewaar.

Hoe laat staan 'n mens 'n droom
wat jare lank al prut en stoom,
op die realisertingstyd daarvan,
sonder om te dink dis nie die plan?

Tog is hierdie droom nie my deel,
dis 'n droom wat ek by 'n ander steel.
Ek kan slegs bid dat dit goed sal gaan
en dat hulle mekaar steeds beter verstaan.

Ek bid dat U hulle sal saamsnoer,
hulle liefdesvlam sal voed en voer,
sodat hul elke dag in liefde groei
en hulle saamwees, lente-botsels bloei

Ek staan eenkant langs en kyk
hoe my laaste liefde van my wyk.
Wat is die kans op nog 'n maat
wat so saggies in my hartstaal praat?

Steeds staan ek terug en gee maar bes
alewig een van 'n groter res,
nooit ooit enkel uitgesonder
deur een wat my alleen bewonder.

Waarom kry party dan soveel kanse
en bly ek agter eensaamheid verskanse,
terwyl hulle op en af gallop
kan kies en keur uit 'n liefdes-trop.

Ek wou net een hĂȘ, iemand spesiaal.
Is dit ek, of het my God gefaal?
Nee, nooit ooit my God, dit weet ek vas
en besaal myself met die skuldlas.

Ek buig my knie, my kop, my hoof
in immer afhanklike geloof
dat God wat altyd beter weet
ook hierin nie van my vergeet.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...