Search This Blog

Tuesday 31 October 2017

Die donkie-wals


Die donkie-wals

Ek neem jou hand om met jou te dans
en ons dans op die ritme van wanbalans
Ek ruk my om op die maat van 'n wals
maar die note van die orkes galm vals

Een, twee, drie, een, twee, drie om en om,
om by jou te pas, hou ek my krom.
Ek buig en ek boog om al laer af te sak,
bang as ek nie buig, bly ek dalk op die rak.

“Kom dans saam met my”, hoor ek my stem
maar jy weier botweg en bly steeks wegrem.
“Dis 'n dans van verlossing, genesing en hoop.”
“Dis 'n dans wat my van my eie-ek stroop!”

“Dis 'n dans waar jy vind wat jy nog altyd mis.”
“Al wat ek mis, is om van jou neulery te rus!”
Ons dans om en om,om en om, heen en weer,
ons trap mekaar se tone en ons pootjie en kry seer

Hoe is dit dat ons ritme, ons dan vul met vrees,
as al wat ons wil hĂȘ, is om bymekaar te wees?
Jou hand val weg, en ek verloor my greep
“Dis wat jy kry as jy heeldag loop en dweep!”

My hart wil breek, my stem roep stukkend,
en ek voel die las van my geloof verdrukkend.
Ek herroep Sy las is lig en Sy juk is sag.
Hoe kon ek dan hierdie lyding verwag?

“Wie dra jou las, met wie’t jy dit gedeel?
Was dit nie een wat jou van My wou steel?
'n Os of 'n donkie, met watter een trek jy
wanneer julle twee oor My bestaan stry?”

“My Vader, vergeef my. Ek ontken U nie!”
Die haan kraai vergeefs op een, twee en drie.
Ek neem my Vader se hand vir 'n nuwe dans,
met waarheid omgord, kry ek nog 'n kans.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...