Search This Blog

Monday 30 April 2018

Voiceless cities


I have visited great cities in this world
and found them speechless, silent,
hoarse, with voiceless laryngitis
I strained my ear, but could not hear them.
Dubai opened its mouth and gurgled strange noises at me
through a gaping hole of opulence and luxury.
Amsterdam confused me with too many streets,
too many faces, and too few fixed opinions.
Glasgow sputtered about old and new
and lost its voice in compromise.
London, Paris, Jo’burg, stared at me with silence,
with no introduction and no identity.
It was only when I stood in the open field of the Karoo,
with my toes curled into its warm sand,
with endless emptiness, stretching before and above,
that I heard a clear and distinct voice calling loudly,
welcoming me home and stretching its embrace wide.
My soul responded with a resonating ‘yes!’ and I was at peace.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Wednesday 11 April 2018

Leë Nes


Ek het 'n knop hier in my keel
want grootword wil jou van my steel,
jou daag om van my weg te gaan
op jou selfgemaakte lewensbaan.

Maar ek is nog nie reg daarvoor,
laat my nog deur jou bekoor,
nog steeds net soos daai eerste dag
toe jy my tandeloos toelag.

Seun, jy het te vinnig opgeskiet,
maar ander wen uit my verdriet,
want jy’s 'n man uit een stuk nou
en ek kan, en sal jou nie terughou.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Wednesday 4 April 2018

Landing in die vreemde


Landing in die vreemde

“Landing is suksesvol voltooi.”
die paneelkas is in liggies getooi
waar Dork op nog instruksies wag
van 'n stem in sy oor met meer gesag
as die juigende massa wat daarin raas,
oor die landing wat elkeen daar verbaas.

Tyd is relatief in hierdie wentelbaan,
waar hy teen die son se rigting gaan.
Tog, reken hy dit was 'n uur of twee
van die kennis dat sy brandstof ingee
en dat hy in slegs minute sal moet land
voor hy die motore dalk uitbrand.

Die planeet is nuut, nog onbekend
sê die span wat hom sy boodskap send.
Die aantref daarvan was heel onverwag
en nie een van hulle was hierop bedag.
Met gasse en temperatuur gemeet,
kan hy maar uitklim, het hul laat weet.

Met die eerste tree op onbekende terrein,
veg Dork vir balans in die dowwe skyn
van die vaartuig se ligte in die donker
waar slegs nou en dan 'n sterlig flonker.
Die oppervlak gee mee, sak in en swig
onder die vaartuig en sy voete se gewig.
Uiteindelik kry die wegsak tog gestop
en hy sukkel om sy voete uit te pop,
sodat hy verder weg kan gaan bekyk
hoe hierdie planeet van nader lyk
en of daar enige tekens van lewe is;
vyandig, goedgesind, van hom bewus?

Sy treë trap stadig in en uit die wand
en sy oë sukkel met die nuwe verband
wat hier tussen lig en donker bestaan,
heel anders as in die son se wentelbaan.
Hy het sy oë meermalig geknip en gerek
voordat hulle kon fokus op hierdie plek.

Dit is die reuk wat hom eerste bereik
waar hy sukkelend in die donker aanstryk
salig onbewus van die gruwelike ding
wat in die donker skemer hom omring
en stadig maar seker nader skuiwe,
'n beweging êrens tussen sweef en drywe.

Die reuk laat hom opkyk om te bepaal
wat die oorsprong is, maar sy sig bly faal.
Dis eers toe klein sensors hom betas
dat hy bewus word van die vreemde ras
wat hom stilswyend in die hoogte optel
en hom verskuif op 'n ongehoorde bevel.

Toe hy weer besef, is hy terug in die tuig
en hy luister na die motore wat sis en suig.
Die meters wys die brandstoftenks is vol
en stadig begin die planeet om weg te tol.
“Die opstyg is suksesvol uitgevoer”
laat weet hy 'n skare wat hewig rumoer.

Ondersoeke is gelas en missies uitgestuur
met geen verklaring gevind vir hierdie uur
wat Dork en die mense met vrae verstom
soos wie, waar, wat, maar meestal hoekom.
Jare later sou Dork steeds maar tob en wonder
waarom was hy hiervoor uitgesonder?

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...