Search This Blog

Thursday 3 May 2018

Afgebreek


Jou woorde fetus my in 'n bondel menslike rommel
waar dit my kneus en breek in die rondgeskommel
tussen alles wat sleg is en my minder mens maak
en bedoel is om my tot in my siel in af te kraak.

Jou woorde is 'n skerp lem wat my wese amputeer,
my stukkie vir stukkie aan flarde sny sonder verweer
Jou woorde trap my in die grond, daar stamp jy my fyn
met 'n aanslag woede wat drup van haat en jare se venyn

Sal ek ooit verstaan waar jou haat vir my gebore is,
of hoe dit moontlik is om jou eie kind woordlangs uit te wis
sonder om selfs eenkeer te besin oor dit wat jy verloor
sonder om eens te oorweeg dat jy jou eie menswees ook vermoor?

Maar ek het 'n ander pa gekies en jy is dit al lank nie meer
deur 'n skreef het ek jou weer ingelaat, maar dit maak te seer
Jy’s uit en jy sal buite bly, ek wil niks meer van jou weet,
soos jy gekies het om met my te maak, kan ek jou ook vergeet.

Daar is mense met wie ek jou vervang, wat dink ek is iets werd
Ek vind die waarheid in hul oë en woorde, en weet dan jy praat snert.
My ware Vader ken my waarde en by Hom leer ek verstaan
dat my hart veilig by Hom is, Hy is bekend met elke traan.

Dus, Vader, bring ek hierdie saak opnuut, maar oud, na U
U ken die saak, spelers en woorde, al is dit ongenaakbaar kru
Kan ek nog eens by U skuiling vind as elk ander my versaak
Kan ek rustig by U word en vertrou dat U steeds oor my sal waak?

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...