Search This Blog

Monday 7 May 2018

Dis Tyd


Vandag se dag vra 'n ander bid,
'n bid wat lankal in my kop vassit.
Vader, red ons land in hierdie uur,
U’t ons van oraloor gestuur
om hier op een plek te vergader,
gee ons U oor, as ons U nader.
Vader, hoor ons as ons vra
dat U ons laste sal help dra.
Ons wil ons skuld voor U bely,
maak ons weer skoon, en nuut en vry.
Vernuwe nou ons hart en denke
Met U Heil’ge Gees geskenke,
sodat ons op U pad kan loop
in liefde, geloof en nuwe hoop.
Gee ons liefde vir mekaar
om ons in eenheid saam te skaar.
Maak ons sterk en gee ons moed,
om dit wat agter is te groet
en nooit weer omkyk terug te gaan
na dit wat ons land laat vergaan.
Ons rig ons oë nou net op U
en sien nie meer die wêreld nie.
In U is hoop, genesing en geloof,
ons is nie meer daarvan beroof.
Gee ons 'n nuwe manier van kyk
na hul wat van U woord afwyk,
sodat ons leer van empatie
en nie ook van U wegwyk nie.
Leer ons om met liefde om te gaan
met elkeen wat ons nie verstaan
sodat ons self U beter kan leer ken,
dis al hoe ons kan siele wen
om na U Vaderhart te bring
en vir nuwe lewens te beding.
Vader, U is eeue-lank getrou,
hoor ons vandag in ons berou!

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...