Search This Blog

Wednesday 9 May 2018

Verlang


Ek soek jou in die minute van die dag
Ek soek jou in die reën en ook die nag
Ek soek jou met 'n honger van verlang
Ek soek jou in die oggendduif se sang.

Ek vind jou in herinnerings vergane
Ek vind jou in verlore droom-bane
Ek vind jou in die donker nag se grou
Ek vind jou in verydelde hoop se kou.

Ek hoor jou in die skaterlag van 'n kind,
Jou klank is in die ritme van musiek te vind
Jou asem fluister saggies in die wind se waai
maar my uitreik laat my skaamteloos verraai.

(Opsionele vers)
Ek soek jou, maar jy’s nie hier te kry
want jy’t gekies om ver van my te bly
Jou stem is onherkenbaar stil in hierdie tyd
sodat my oë en ore myself oor jou verwyt.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...